E Copy

Date:

NUUS PAS IN: ‘n Tweede transito-rooftog vir Bloem die week

‘n Onbekende bedrag geld is vanmiddag van Fidelity Coin Services gebuit by ‘n onderneming in Ambulansstraat in Hilton, Bloemfontein. Courant se Earl Coetzee is op die toneel waar talle polisievoertuie en -lede besig is met die ondersoek na die voorval wat omtrent ‘n uur gelede plaasgevind het.

“Volgens ooggetuies het ‘n onbekende getal mans die agterste ingang van C & F Motor Spares binnegestorm en daarop aangedring dat die werknemers van Fidelity Coin Security hulle na die kluis neem. Gelukkig het een van C&F Motor Spares se werknemers hulle gehoor en hy het vinnig die deure gesluit en seker gemaak niemand kan in- of uitgaan nie. Dit het daartoe gelei dat slegs die geld wat reeds in die Fidelity Coin-wa was, gebuit is, en geen van C&F se eie geld nie,” sê Coetzee.

Volgens ooggetuies is geen van C&F Spares se werknemers beseer nie. Een van die Fidelity Coin-werknemers is egter in die gesig geslaan en sy nek is beseer. Buiten die geld is ‘n aanvalsgeweer ook gebuit.

IMG-20160902-WA0001

Share post:

Popular

More like this
Related

Ondersteun Corban se stamselbehandeling

Corban Pretorius is op die ouderdom van 18 maande...

‘Robin in the Hood’ brings laughs and magic to the Rabbit Studio stage this June

Xander Art Productions, in association with The Rabbit Theatre...

Local short film ‘Vultures’ shines at Cannes

A local short film, “Vultures”, has soared to international...

PROMOSIE: ’n Kwarteeu van kuns en kultuur: Vrystaat Kunstefees vier 25 jaar

In die hart van die Vrystaat vier die Vrystaat...