E Copy

Date:

NUUS PAS IN: ‘n Tweede transito-rooftog vir Bloem die week

‘n Onbekende bedrag geld is vanmiddag van Fidelity Coin Services gebuit by ‘n onderneming in Ambulansstraat in Hilton, Bloemfontein. Courant se Earl Coetzee is op die toneel waar talle polisievoertuie en -lede besig is met die ondersoek na die voorval wat omtrent ‘n uur gelede plaasgevind het.

“Volgens ooggetuies het ‘n onbekende getal mans die agterste ingang van C & F Motor Spares binnegestorm en daarop aangedring dat die werknemers van Fidelity Coin Security hulle na die kluis neem. Gelukkig het een van C&F Motor Spares se werknemers hulle gehoor en hy het vinnig die deure gesluit en seker gemaak niemand kan in- of uitgaan nie. Dit het daartoe gelei dat slegs die geld wat reeds in die Fidelity Coin-wa was, gebuit is, en geen van C&F se eie geld nie,” sê Coetzee.

Volgens ooggetuies is geen van C&F Spares se werknemers beseer nie. Een van die Fidelity Coin-werknemers is egter in die gesig geslaan en sy nek is beseer. Buiten die geld is ‘n aanvalsgeweer ook gebuit.

IMG-20160902-WA0001

Share post:

Popular

More like this
Related

UFS pianist debuts in Madrid

The University of the Free State (UFS) has celebrated...

NFVF invites applications for public screening funding

The National Film and Video Foundation (NFVF) has opened...

CUT responds to sexual harassment allegations

The Central University of Technology (CUT) has responded to...

ADVERTORIAL: Meet our team of specialists

Life Rosepark Hospital is proud to introduce a dynamic...