Die AfriForum-tak in Langenhovenpark het vanoggend ʼn moontlike tragedie voorkom weens ʼn lid se paraatheid.
Volgens Dup Du Plessis, lid van die tak, was hulle besig om sand en klip uit ʼn meenthuis kompleks te verwyder toe hulle op ʼn onbekende stuk staal afgekom het. Hy het ʼn foto geneem en aan die tak se voorsitter, Riaan Niemand, gestuur waarna hulle agter gekom het dat dit ʼn moontlike mortier kan wees. Die buurtwag is in kennis gestel en die polisie is dadelik ontbied. Die polisie se bomeenheid is ingeroep en die area is af kordon.
Die bomeenheid het bevestig dat dit ʼn lewendige mortier is van Britse afkoms. Die mortier is veilig gemaak en verwyder.
“ Ons is verheug dat ons lede vinnig reageer het en so ʼn moontlike tragedie voorkom het “, se Niemand.
“ Die paraatheid van die gemeenskap is fantasties. Selfdoen is beter as niksdoen! “ se Pieter Myburg, AfriForum se distrikskoordineerder in Bloemfontein.