Noordwes Universiteit navorsers opgewonde oor hervestiging van kliniese proewe

0
732

SABRINA DEAN – Navorsers aan die Noordwes Univesiteit sê hulle is baie opgewonde oor die geleentheid om deel te wees van die hervestiging van kliniese proewe vir die vervaardiging van menslike enstowwe en ander geneesmiddels in Suid Afrika.

Wetenskap en Tegnologie Minister Naledi Pandor het tydens ‘n toespraak in Bloemfontein gisteraand gesê die NWU is ge-identifeseer vir die ontwikkeling van ‘n fasiliteit waar voor-kliniese en kliniese proewe weer op die been gebring kan word.

Prof Anne Grobler, Direkteur van die DWT NWU prekliniesegeneesmiddel-ontwikkelingsplatform, sê hulle vergader reeds ‘n geruime tyd met die department en ander rolspelers. "Ons het al die intelek daarvoor, hoekom moet dit vervreemd word?"

Sy sê in hierdie stadium word dié fondse wat deur oorsese instansies beskikbaar gestel is vir navorsing net weer in Amerika of Engeland teruggeploeg. "As daar Fondse moet gaan vir sekere siektes dan moet dit tóg gebeur waar dié siektes is," sê sy. Voorbeelde van sulke siektes sluit in Malaria, TB en MIV/Vigs.

Pandor het bygevoeg haar department, asook die gesondheidsdepartement, is steeds in gesprekke met ‘n groot internasionale farmeseutiese maatskappye en hoop om vroeg volgende jaar ‘n amptelike aankondiging te maak.

Sy sê sulke proef fasiliteite het in die verlede in Suid Afrika bestaan, maar die land se kapasiteit om betroubare proewe aan te bied is intussen daarmee heen.