E Copy

Date:

Nog meer steun vir Ramaphosa as ANC-president

Die ANC in die Noord-Kaap het ook hul steun vir Adjunkpresident Cyril Ramaphosa uitgespreek om president Jacob Zuma as leier van die party op te volg. Nuutverkose sekretaris, Deshi Nxanga, het gisteraand op Colesberg die konferensieverklaring uitgelees wat gesĂȘ het dat wanneer die party se opvolgstryd begin, hulle die tradisie van adjunkopvolger sal steun. Hy’t gesĂȘ die afgevaardigdes het eenparig ooreengekom dat die ANC in die Noord-Kaap, wanneer die debat deur die Nasionale Uitvoerende Komitee geopen word, sal aandring op die nakoming van die tradisie dat die adjunkpresident as president verkies moet word wanneer die huidige president se termyn verstryk. News24 berig ‘n afgevaardigde het blykbaar tydens ‘n kommissiebespreking versoek dat die provinsie openlik Ramaphosa steun, maar dit is afgekeur omdat steunwerwing nog nie amptelik begin het nie. Die Noord-Kaap is die eerste provinsie om steun vir Ramaphosa tydens ‘n konferensie te verklaar. Ramaphosa het ook Vrydag die kongres toegespreek en gevra vir eenheidsgesindheid voor die Desember-verkiesingskonferensie.

News 24

Share post:

Popular

More like this
Related

Busamed gives children hope through free scoliosis surgery

Busamed Bram Fischer Private Hospital in Bloemfontein is performing...

Preserving Bloemfontein’s heritage assets

Bloemfontein is home to some of South Africa’s most...

MMM addresses Treasury concerns

The Free State has once again come under the...

Transport oversight visit focuses on safer roads

Deputy minister of transport Mkhuleko Hlengwa visited the Free...