E Copy

Date:

Motorklubs vat hande om armoede te help verlig

Agt van die vooraanstaande motorklubs in Bloemfontein sal eerskomende Saterdag hande vat om armoede te help verlig.

Boeta Simons, die organiseerder van die derde jaarlikse Blanket Run, sê die verskeie groepe sal vanjaar by ‘n sentrale punt in Heidedal byeenkom om klere, komberse en kos aan minderbevoorregtes in die gemeenskap uit te deel.

Hy sê hulle het reeds 200 mense geïdentifiseer wat by die projek kan baat.

“Ons het reeds om en by 200 mense in Heidedal geïdentifiseer wat ons wil help wat bietjie swaarkry. Ons gaan ook vanjaar sop en vetkoeke by ‘n sentrale punt in Heidedal aan minder bevoorregtes uitdeel.”

Lede van onder meer die Alphina Boys Motosport Club, Toystance, 051 Ultimate Dubs, State Stance, Team Second Gear, G-Rollers, en Nasty Society sal deel in die dag se gebeure.

Simons sê hulle sal verder ‘n roete uitwerk om van huis tot huis te gaan om die donasies te skenk.

“Ons groot doel is om nie net daar te wees as ons byeenkomste aanbied nie. Ons wil graag ons gemeenskap help waar ons kan, veral diegene wat erg gebuk gaan onder werkloosheid en armoede.”

Mark Steenbok

 

Share post:

Popular

More like this
Related

SASSA condemns illegal sale of queue positions at offices

The South African Social Security Agency (SASSA) has condemned...

UFS pianist debuts in Madrid

The University of the Free State (UFS) has celebrated...

NFVF invites applications for public screening funding

The National Film and Video Foundation (NFVF) has opened...

CUT responds to sexual harassment allegations

The Central University of Technology (CUT) has responded to...