Len-Douglas uiteindelik oppad na Egipte

0
Len-Douglas uiteindelik oppad na Egipte
Len-Douglas Mac Kay FOTO: MORGAN PIEK

Die 17-jarige Len-Douglas Mac Kay sal aanstaande week uiteindelik sy kans kry om Suid-Afrika te verteenwoordig.

Die Hoërskool Jim Fouché-leerder is in 2021 gekies om Suid-Afrika te verteenwoordig by die 2021-ILS Afrika-lewensreddingkampioenskap wat in Alexandrië, Egipte plaasvind.

Dié kampioenskap was aanvanklik vir die einde van November geskeduleer, maar is egter op die nippertjie uitgestel weens Covid-19.

Mac Kay en die res van die nasionale span sal Maandagaand na Egipte vertrek waar hulle aan die kampioenskap sal deelneem.

Die Mac Kay-familië het laataande hard gewerk om fondse in te samel vir Len-Douglas om Egipte toe te gaan en uiteindelik sal dit ‘n realiteit word.

“Daar is minder as ‘n week oor voordat ek in Egipte is. Dit was ‘n strawwe paar maande gewees, maar ek wil net vir almal wat dit moontlik gemaak het dankie sê”, het Mac Kay gesê. “Die terugkeer is sterker as die terugslag. Doen jou bes en die Here sal die res doen.”

Mac Kay sal aan items vir seuns tussen 17- en 18-jaar deelneem by die Afrika-kampioenskap. Die ILS Afrika-lewensreddingkampioenskap vind vanaf 16 to 20 Februarie plaas. – MORGAN PIEK

No posts to display