Ou Presidensie vier Vrystaatdag

0
416

Die Ou Presidensie Historiese Vereniging gaan op 23 Februarie Vrystaatdag vier.

Volgens die voorsitter van die Ou Presidensie, Lambert van Rensburg, het die vier van Vrystaatdag in 1854 begin. “Die jaarlikse viering het op ‘n stadium verval en in 2014 het ons as die Ou Presidensie Historiese Vereniging besluit om elke jaar op 23 Februarie die dag te vier.”

Vanjaar het die vereniging Dr. Chris Verwoerd, die seun van ‘n voormalige eerste minister, en Elsa Kolver, die dogter van ‘n voormalige eerste minister, as sprekers genooi. Die tema vir die byeenkoms is ‘Uit vergange se dae’ en die sprekers sal oor hulle kinderdae gesels.

Die byeenkoms gaan by die Smith Auto Group plaasvind. Mense wat belangstel om die byeenkoms by te woon moet voor 16 Februarie RSVP. Kontak Lambert van Rensburg by 072 418 8665 vir meer inligting.