E Copy

Date:

Laer Meisieskool Oranje bevestig leerkrag se ontslag

CHRISTAL-LIZE MULLER

Die Laer Meisieskool Oranje in Bloemfontein het bevestig dat ‘n onderwyseres by die skool se naskoolsentrum na afloop van ‘n dissiplinêre verhoor weens wangedrag teenoor ‘n leerling van die skool ontslaan is.

Bloemfontein Courant het vroeër berig dat die onderwyseres haar tot die Kommissie vir Versoening Bemiddeling en Arbitrasie gaan wend om haar beweerde onbillike afdanking te beveg. Adv. Pieter Venter, wat namens haar optree, sê sy kliënt het nie ‘n leerling aangerand nie, maar slegs probeer om die leerling se hand uit haar hare te haal nadat sy die leerling gevra het om haar skoolboeke uit te haal. Volgens die voorsitter van die skool se beheerliggaam, Karin Smith, het die skool gister geen kennis gedra dat die saak na die kommissie verwys is nie. Venter, voer aan ‘n vorige vals aantuiging wat deur dieselfde leerling teen dié onderwyser gemaak is, is nie in ag geneem tydens die dissiplinêre verhoor nie.

Die skool het gesê dat hulle nie verder kommentaar gaan lewer nie. Die saak word die 29ste April deur die kommissie aangehoor.

Share post:

Popular

More like this
Related

CUT women hockey finish fifth at USSA

The Central University of Technology (CUT) Ladies Hockey Team...

Two suspects to appear in court for house robbery

Two men aged 27 and 35 are expected to...

Small food changes can boost energy

Many South Africans struggle with low energy, but the...

Centlec provides update on ongoing power restoration efforts

Centlec has informed residents of Bainsvlei, Mooiwater, Waterbron, Spitskop...