Vier Kovsie-hokkiespelers kan hulle oor die volgende twee maande in internasionale toetse en toernooi laat geld.
Twee van die Kovsies, Izelle Lategan en Tanya Britz, is in die Protea-vrouehokkiespan wat reeds die afgelope naweek teen Skotland gespeel het en vertrek vandag na Londen vir die Investec Wêreldliga-halfeindtoernooi hierdie komende week.
Lategan en Britz is albei ook ingesluit in die Suid-Afrikaanse o.21-vrouehokkiespan wat van 17 Julie tot 4 Augustus in Duitsland aan die Junior Wêreldbeker-toernooi deelneem
Daarby het twee Kovsies ook die Suid-Afrikaanse studentespan vir mans gehaal. Jaco Fourie en Luke Sanan sal van 7 tot 16 Julie aan die Wêreld Studentespele in Kazan, Rusland deelneem. FOTO: FRIKKIE KAPP







