Duane Petrus – Bewerings van een van die beskuldigdes in die Bainsvlei-kleinhoewe-verhoor dat die polisie hom en sy neef aangerand het, is in ‘n binneverhoor in die Bloemfonteinse hooggeregshof verwerp. Lebogang Molawa beweer dat hy gedwing is om ‘n verklaring af te lê oor sy betrokkenheid in die aanval op Pieter en Elsa Kolver in Jaunuarie vanjaar. Die Kolvers is binne in hul huis deur twee mans erg aangerand en beroof. Volgens Molawa is hy en sy neef, Johannes Taaibosch, talle kere deur die polisie aangerand en die ondersoekbeampte het aan hom voorgesê wat om in die verklaring te sê. Hy beweer ook dat hy en sy medebeskuldigde talle kere aangerand is en hul kop onder meer oor ‘n periode van vier ure vir lang rukke in ‘n swembad gedruk is. Malawa se verklaring sal dus in die verhoor toegelaat word. Die verhoor gaan Maandag voort.







