E Copy

Date:

Eienaar van Groot Gat-hond soek hom terug, maak nie saak wat

LANI FOUCHÉ

Die man wat beweer hy is die eienaar van ‘n hond wat Saterdag uit Kimberley se Groot Gat gered is, is vasberade om sy hond terug te kry – al kos dit wát.

Chris Baadjies, ‘n sakeman, finansiële adviseur en pastoor van Kimberley, sê dit is die tweede maal wat hy deur die Dierebeskermingsvereniging in die steek gelaat is.

Hy beweer jare gelede het een van sy honde ook uit sy erf ontsnap, en nadat ‘n reëling met die DBV gemaak is om hom te gaan haal, het hulle hom van kant gemaak.

Nou eis hulle meer as R40 000 vir Baadjies om sy hond, Gigi, oftewel Kaptein Seeley soos wat hy deesdae heet, terug te kry.

Baadjies sê toe hy en sy vrou verlede week agterkom hul hond is weg, het hulle self na hom gesoek, maar hulle het eers Maandagoggend op die televisie gesien dat dit hulle hond is wat in die gat geval het.

Die DBV se Mario van der Westhuizen het aan OFM Nuus gesê omdat Baadjies ‘n privaateienaar is, sal hy die meer as R40 000 se mediese en reddingsonkoste moet betaal om Gigi terug te kry.

"Ons het die hond as ‘n "stray" gekry en haar so behandel. As haar eienaar dan opdaag en haar wil terughê, moet hy vir die reddingsoperasies en mediese onkoste betaal. Dis maar hoe dit werk. Ons sal weet wat aangaan sodra mnr. Baadjies klaar met sy regsadviseur beraadslag het," het Van der Westhuizen gesê.

Baadjies sê wat vir hom sleg is van die hele situasie, is dat hy nou deur duisende mense as ‘n slegte persoon uitgekryt word. "Mense wat my nie eers ken nie, veroordeel my nou. Dis sleg om te sien hoe mense iemand anders kan slegsê, sommer so op ‘n openbare platform. Maar ek hou voet by stuk – ek gaan my hond terugkry."

Kaptein Seeley/Gigi het nog ‘n bietjie water op haar longe en haar milt is geswel, sê Van der Westhuizen, maar sy sterk goed aan.

Share post:

Popular

More like this
Related

Busamed gives children hope through free scoliosis surgery

Busamed Bram Fischer Private Hospital in Bloemfontein is performing...

Preserving Bloemfontein’s heritage assets

Bloemfontein is home to some of South Africa’s most...

MMM addresses Treasury concerns

The Free State has once again come under the...

Transport oversight visit focuses on safer roads

Deputy minister of transport Mkhuleko Hlengwa visited the Free...