E Copy

Date:

Knights begin seisoen op ‘n hoë noot

Die Knights het Vrydag hul 2025/26-seisoen op ’n hoë noot begin deur in Afdeling 2 van die Krieket SA 4-Dagreeks ’n oortuigende oorwinning met agt paaltjies oor Eastern Storm in Bloemfontein te behaal.

Die Vrystaters het die oorwinning op die Mangaung Oval reeds op dag twee beklink, ná nog ’n sterk boulvertoning deur die gasheer tydens Oostelikes se tweede kolfbeurt.

Op dag een het die Knights Oostelikes vir ‘n skamele 59 lopies in hul eerste beurt uitgeboul, danksy ’n uitstekende 4/6 in 8.1 boulbeurte deur die vurige snelbouler Johan van Dyk, en syfers van 3/23 in 9 boulbeurte deur die linksnaatbouler Tiaan van Vuuren.

In antwoord daarop is die Knights op dag twee vir 197 in hul eerste beurt uitgeboul, met Gihahn Cloete wat beïndruk het met 60 van 115 balle. Patrick Botha het 33 bygedra, terwyl Isaac Dikgale 28 aangeteken het om vir die Knights ’n voorsprong van 138 lopies te besorg.

Oostelikes se kaptein, Ernest Kemm, het vir die besoekers met die bal uitgestaan met 5/73 in 20 boulbeurte. Amaan Khan en Jesse Albanie het elk twee paaltjies platgetrek.

Oostelikes het op dag twee aanvanklik sterk teruggeveg in hul tweede kolfbeurt, met die aanvangskolwer Jurie Snyman wat 91 van 144 balle aangeteken het voordat hy deur die Knights-kaptein, Dane Piedt, uitgeboul is. Die Knights het egter twee  vangkanse verbrou toe hulle Snyman met sy telling op 62 en op 86 laat val het. Christopher Britz was die naasbeste kolwer vir Oostelikes met 16. Geen ander kolwer het dubbelsyfers behaal nie, behalwe die 14 ekstras.

Uiteindelik is die Storm vir 165 in 63,2 boulbeurte uitgehaal, en die Knights moes slegs 28 aanteken om hul eerste sege van die seisoen te beklink. Piedt was die Knights se beste bouler met 5/44 in 19 boulbeurte. Van Dyk het 2/42 in 17 boulbeurte behaal.

Die Knights het die teiken in 10 boulbeurte bereik, maar het Jacques Snyman vir 11 en Isaac Dikgale vir 3 verloor. Die debutant Cole Abrahams was onoorwonne op 10, terwyl Patrick Botha op 6* geëindig het, wat die Knights hul eerste oorwinning van die seisoen verseker het.

Die Knights is dié week nie in aksie nie, maar sal volgende week weer tuis in askie wees wanneer hulle van 16 tot 19 Oktober die Limpopo Impalas by die Mangaung Oval die stryd aansê. – MORGAN PIEK

 

Share post:

Popular

More like this
Related

Aunt arrested after missing toddler found dead

The Free State police have confirmed the tragic discovery...

Veterane by Oorlogmuseum byeen vir Herdenkingsondag 2025

Veterane van verskeie militêre takke het Sondag (9 November)...

Police step up water safety in Free State

Despite a steady decline in recent years, the Free...

Bloem-gesinsman verower wêreld se topmarathons

'n Bloemfonteinse geoktrooieerde rekenmeester en gesinsman het pas een...