Die Universiteit van die Vrystaat en Junior Springbok spoedvraat, Michael Annies, sal Vrydag vir die eerste keer vir die Toyota Cheetahs in aksie wees.
Die Cheetahs sal in Bloemfontein teen die Griffons te staan kom in hul eerste oefenwedstryd ter voorbereiding vir hul Europese Uitdaagbeker-veldtog.
Die Curriebeker-kampioene sal gebruik maak van twee spanne teen die Perses, en Annies sal ‘n geleentheid gegun word om sy staal te toon.
Met die vleuel, Daniel Kasende, tans in Wallis by die Ospreys, word die Cheetahs se diepte getoets, en vir Annies is dit ‘n gulde geleentheid.
Annies het vir Bloemfontein Courant gesĆŖ hoewel dit ‘n oefenwedstryd is, is dit ‘n groot sprong en geleentheid.
“Dit is vir my ‘n baie groot geleentheid en ek is baie dankbaar daarvoor, sĆŖ Annies.
“Dit is iets waaraan ons baie hard werk. Daar is baie senior spelers in die span en ek kan net hy hulle leer.
“Ons speel Vrydag in ‘n oefenwedstryd teen die Griffons en ek gaan speeltyd kry en ek sien baie uit daarna.
“Dit is ‘n baie groot sprong na senior rugby toe, maar ek is baie dankbaar vir die geleentheid en ek sal die meeste daarvan maak.”
Vrydag se oefenwedstryd by Grey-kollege in die Rosestad sal om 12:00 afskop.
Oranje span ā 15 Tapiwa Mafura, 14 Cohen Jasper, 13 Evardi Boshoff, 12 Reinhardt Fortuin, 11 Andell Loubser, 10 George Lourens, 9 Ruan Pienaar, 8 JeandrĆ© Rudolph, 7 Friedle Olivier, 6 Gideon van der Merwe, 5 Victor Sekekete, 4 Rynier Bernardo, 3 Justin Forwood, 2 Chucky van der Westhuizen, 1 Alulutho Tshakweni
Wit span ā 15 Litha Nkula, 14 Michael Annies, 13 Andell Loubser, 12 Ali Mgijima, 11 Tapiwa Mafura, 10 Abner van Reenen, 9 Raegan Oranje, 8 Siba Qoma, 7 Oupa Mohoje, 6 Daniel Maartens, 5 Carl Wegner, 4 Mzwanele Zito, 3 Laurence Victor, 2 Marko Janse van Rensburg, 1 Schalk Ferreira. – MORGAN PIEK







