E Copy

Date:

Forrester moker eerste honderdtal in vierdagkrieket

Die ITEC Knights se veelsydige speler, Dian Forrester, het die afgelope naweek teen die Northern Cape Heat sy eerste honderdtal in eersterangse krieket gemoker tydens hul 361-lopie sege in die Krieket SA vierdagreeks.

Tydens die Knights se eerste beurt in Kimberley het Aubrey Swanepoel 105 lopies geslaan, terwyl Forrester met 86 lopies bygedra het tot hul totaal van 467 lopies.
Die Knights het die Heat toe vir ‘n skamele 233 lopies uitgeboul. Die draaibalboulers, Dane Piedt en Monde Maqunqu, het tussen hulle ses paaltjies platgetrek.

In die Knights se tweede beurt het Forrester weereens met die wilgerlat bygedra en 127 gemoker, terwyl die kaptein, Patrick Botha, met 98 net-net ‘n tweede honderdtal vir die reeks gemis het. Die Knights het hul beurt op 321/4 verklaar en die tuisspan moes 556 lopies aanteken vir die sege. Hulle is egter vir 194 uitgeboul. Die veelsydige Matthew Pollard het vyf paaltjies vir 43 lopies in 19 boulbeurte platgetrek. Dit was die eerste keer in sy loopbaan in eersterangse krieket wat hy diĆ© mylpaal met die bal bereik het.

Botha, wat teen die Impalas 212 aangeteken het, is die voorste lopiemaker in die kompetisie met 395 lopies in vier beurte, terwyl Forrester derde op die ranglys lĆŖ met presies 300 lopies. Piedt het tot dusver die meeste paaltjies patgetrek, met 11, terwyl die snelbouler, Nipho Mpungose, die derde meeste het met 9.

Die Knights is vanaf 7 Desember weer in aksie wanneer hulle in Witrivier teen die Mpumalanga Rhinos te staan kom. – MORGAN PIEK

Share post:

Popular

More like this
Related

Government welcomes 0.5% GDP growth in first quarter

Government has welcomed South Africa's 0.5% gross domestic product...

Power interruption at Market DC

Centlec has notified residents of a power outage at...

Students invited to pitch beauty business ideas

Motheo TVET College students with a passion for hair,...

CUT prepares future teachers for classroom success

The Central University of Technology, Free State (CUT) has...