‘n Inwoner van dié woonstelle, Sanja Pelser, sê Legal Aid, die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie, en FRESHCO het vergader en het tot die besluit gekom dat hulle die proses gaan begin om te bepaal wie in die woonstelle mag aanbly.
OFM-nuus het voorheen berig dat staatsamptenare en sakemanne onwettig in hierdie woonstelle bly, wat glo die hoofrede vir die uitsettings verlede week was.
FRESHCO het eers gesê die rede vir die uitsettings was dat hulle opgraderings aan die woonstelle wou doen, en wou huurgeld verhoog.
Intussen sê Pelser haar meubels is beskadig nadat die besittings van sowat 49 gesinne op die sypaadjie gepak is.
JOSCA HUMAN / OFM-nuus







