Vroue wat teen borskanker veg of reeds die stryd gevoer het, moet met baie dinge vrede maak; onder meer om nie net een of meer borste te verloor nie, maar ook hul hare, iets wat baie van hulle laat voel asof hul ook hul vrouwees prysgegee het.
Daar is nuwe hoop vir diegene wat nooit besef het dat om ‘ge-ink’ te word weer vir hulle deure na die toekoms sal oopmaak nie. Die inkproses is ‘n proses waarvolgens ‘n tatoeĆ«erkunstenaar ‘n 3D-tepel op ‘n vrou se bors tatoeĆ«er nadat sy ‘n mastektomie gehad het.
Christa van Zyl van Bloemfontein het diĆ© groot stap geneem nadat sy besluit het om haar kankerreis te beĆ«indig en verlede Donderdag vir die proses van areola- en tepeltatoeĆ«ring aangeklop het by die ‘wonderwerker’, Tanya Loots. Loots is die enigste opgeleide dermapigment-tegnikus in Suid-Afrika wat op areola- en tepeltatoeĆ«ring fokus. Sy vertel dat dit ongelooflik is om te sien hoedat pasiĆ«nte hul selfvetroue terugkry en hoedat die proses om ander vroue te help bydra tot haar persoonlike genesing nadat sy ook voorheen met borskanker gediagnoseer was.

Van Zyl het met Bloemfontein Courant gedeel hoedat sy in 2018 nĆ” ‘n besoek aan haar huisdokter vir ‘n mammogram moes gaan. Dit is gevolg deur twee biopsies en eers nĆ” die tweede een kon bevestig word dat daar twee knoppe in haar bors was.
“En van daar af het ‘survivor mode’ ingetree. Die datum vir my mastektomie was op my verjaardag en vir my het dit half gepas gevoel, ek het gedink dat ek dalk op dieselfde dag sou doodgaan,” vertel Van Zyl. “Die datum is toe geskuif na 14 Februarie verlede jaar en ons het besluit om vakansie te gaan hou. In my agterkop was ‘n stemmetjie wat aanhou sĆŖ het, ‘miskien vir oulaas’.
“Ek is toe op 14 Feb 2019 in teater toe, en terwyl ek my ma en Fanie (haar man) groet, sien ek hoe hulle huil. Ek het vir oulaas oor my borste gevryf, ‘tatta’ gesĆŖ, en gebid.”
Van Zyl het twee uur later wakker geword, weer gevoel… en daar was niks. Die kanker was weg, maar daarmee saam, haar borste. Sy het behandeling gekry en in die proses, veral toe haar hare uitval, gevoel sy dat sy niks oorhet nie.
Sy het later begin lees oor Tanya Loots, wat vir vroue nĆ” sulke operasies ‘n realistiese areola asook ‘n 3D-tepel op hul borste tatoeĆ«er, en besluit sy moet by Loots uitkom.
Sy vertel dat ‘n vrou se bors na die mastektomie onbekend lyk. “Soos jy daar staan, ken jy jouself nie. Dit lei tot die besluit om deur hierdie prosedure te gaan, want dit aan jou nuwe hoop.” Volgens Van Zyl wil jy nie hĆŖ mense moet jou so sien nie. “Ek dink nie ‘n mens kan sonder dit regkom nie; dit is die finale stap in die hele kankerhelingsproses.”

Op die dag van die prosedure, was Christa so opgewonde soos ‘n kind wat wag vir haar geskenke op Kersoggend. Bloemfontein Courant het die voorreg gehad om ‘n deel van die prosedure by te woon en het in ‘n latere stadium by Van Zyl gaan hoor hoe dit met haar gaan. Van Zyl het vertel hoe sy vir die eerste keer in twee jaar weer voor die spieĆ«l aangetrek het en dat almal in die huis weer ‘n huppel in hul stap het.
“Tanya het nie net my vrouwees teruggegee nie maar ook my selfvertroue.” Loots het aan ses dames in Bloemfontein hul lus vir die lewe teruggegee en sal ‘n volgende besoek aan die Rosestad bring in Juliemaand. Belangstellendes kan met Loots in verbinding tree by 072-833-6938 of www.breastrestore.co.za besoek. – Sazly HartzenbergĀ
[email protected]







