E Copy

Date:

Hitte hou nie Bloemfonteiners weg van eerste Food Truck Fest

Honderde Bloemfonteiners het  vandag die versengende hitte getrotseer om die heel  eerste Bloem Food Truck Fest by Villa Avianto by te woon,

Bloemfonteiners kon alreeds van 10:00 vanoggend aan heerlike Griekse, Kubaanse, en Indiese kos asook braaivleis begin smul.

Vir diegene wie se kele droog was weens die hitte was daar ‘n verskeidenheid drankies om die dors mee te les, soos gin, craft bier, plaaslike wyne asook vodka.

Natuurlik is so dag nie dieselfde sonder handgemaakte klere, skoene ensovoorts nie. Bloemfonteiners kon kies en keur tussen al die produkte wat te koop was.

Plaaslike musiekkunstenaars soos Jacobus Silwer, Simple Stories, Zak Steyn en Brendan Peyper het die besoekers vermaak.

Al was dit bloedig warm vandag in die Rosestad, het Bloemfonteiners soos gewoonlik ‘n splinternuwe geleentheid goed ondersteun en hulself gate uit geniet. – Jeretha Oosthuizen

[email protected]

Share post:

Popular

More like this
Related

UFS pianist debuts in Madrid

The University of the Free State (UFS) has celebrated...

NFVF invites applications for public screening funding

The National Film and Video Foundation (NFVF) has opened...

CUT responds to sexual harassment allegations

The Central University of Technology (CUT) has responded to...

ADVERTORIAL: Meet our team of specialists

Life Rosepark Hospital is proud to introduce a dynamic...