Die Mej. Heidedal 2017 is op 25 November by die klubhuis van die Clive Solomon-sokkerstadion gekroon. Die kompetisie, wat aangebied is deur die nie-winsgewende organisasie, Sisterhood, is ‘n opheffingsprogram wat daarop gemik is om ‘n verskil in die gemeenskap te bring.

Daar was drie kategorieƫ in die kompetisie, naamlik Mej. Heidedal, Mej. Heidedal Tiener, en Mej. Heidedal Petite.
Nicole Baartman, uitvoerende hoof van Sisterhood, sĆŖ die wenners in die verskillende kategorieĆ« word versoek om ‘n verskil in hul gemeenskap te maak deur gemeenskapsprojekte aan te pak.
“Hierdie inisiatief is daarop gemik om die jeug van Heidedal te help deur die belangrikheid daarvan om jou gemeenskap te help, op die hart te druk. Meisies word geleer van die belangrike aspekte van vrouwees, en hoe om met respek op te tree. Aangesien die hoofdoel van die kompetisie is om terug te gee aan die gemeenskap, sal die wenners ook ‘n voorbeeld vir die jeug van Heidedal wees,” sĆŖ Baartman.
Pierce van Heerden
[email protected]







