Hans Haas besoek Dr. C.F Visser Laerskool (FOTOS)

0
2066
Mark Steenbok

‘n Splinternuwe afrikaanse kinderproduksie, uit die pen en kreatiewe brein van Xander Steyn, Hans Haas se Hospitaal was Dinsdag met groot sukses by die Dr. C.F Visser Laerskool, Bloemfontein opgevoer.

Dinsdag was dit die leerders van DR C.F Visser se beurt om die storie vol lesse en snaaksighede vir jonk en oud te ervaar. ’n Produksie wat vandeesjaar byna uitverkoop was by die Vrystaat Kunstefees

Die plaaslike produksiespan het besluit om, nadat hulle deur ‘n lid van die publiek rondom ‘n optrede genader is, ‘n onbaatsugtige bydrae tot liefdadigheid te lewer.

Die skoolhoof, Fred Kirsten, het Xander Art Productions, bedank vir hierdie wonderlike vooruitsig van groot pret, groot kostuums en groot akteurs.

Hans die haas, sê ook in die storie, dat ‘n mens altyd onselfsugtig moet wees en ander in ag moet neem, sê Kirsten.

Die produksiespan: Xander Steyn, Karien van Coller, Estie de Wet, Antoinette de Klerk, Mosa Sixishe, Lienka Stevens en Cobus Hugo, wys dat “woorde wek, maar voorbeelde trek”, deur die produksie gratis vir hierdie leerders aan te bied.