Grey lek hul lippe af

0
301
Die sterk Grey-kollge 1st XV vleuel, Marcell Muller, op pad doellyn toe vir die eerste van sy drie drieë teen Grey High School. Muller se driekuns oor die naweek was sy tweede in twee wedstryde nadat vir vorige week ook drie keer oor die doellyn gaan kuier het teen Hoërskool Waterkloof. Dit was ook sy derde driekuns van die seisoen nadat hy vroeër in die jaar ook teen HTS Middelburg een behaal het. FOTO: MORGAN PIEK

Die 1ste rugbyspan van Grey-kollege sal vandeesweek hulle lippe aflek vir Saterdag se groot kragmeting van Glenwood High School van Durban.

Verlede week het Grey hulle ‘broederskool’ van Port Elizabeth, Grey High School, met 58-0 in Bloemfontein afgeslag om hul onoorwonne lopie tot 31 seges te versterk. Grey was in 2018 onoorwone en hulle laaste nederlaag was op 20 Mei 2017 teen Selborne College in Oos-Londen to hulle met 20-19 vasgeval het.

Die naaste wat Grey sedertdien aan die verloorkant was, was verlede jaar teen die einste Glenwood toe hulle in Durban met 25-elk gelykop gespeel het. Die laaste keer wat Grey tuis teen Glenwood gespeel het, was toe hulle in 2017 die KwaZulu-Natalse span ‘n 85-10 pak slae gegee het. Dit was ook juis die wedstryd toe Grey hul onoorwonne lopie begin het.

Op dié dag wat ‘n laagtepunt vir Glenwood was, het slegs die o.15A-span van Grey vasgeval. Vir die res van die span was dit ‘n lang dag siende dat Grey in hul 19 wedstryde 1998 punte aangeteken het en slegs 119 punte afgestaan het. Die gemiddelde telling was 105-6 in die guns van die tuisspan.

Die o.15D-span het hul teenstanders met 221-0 laat les opsê. Hoewel Glenwood dalk nie vanjaar so sterk is as verlede jaar nie, is hulle aansienlik sterker as die laaste keer toe hulle in Bloemfontein meegeding het.

Saterdag se eerstespanwedsryd op Grey se hoofveld skop om 13:30 af. – MORGAN PIEK