E Copy

Date:

Grey klop JF net-net in hokkie-eindronde

RUFUS BOTHA

Dit was verlede Woensdag so byna of die Hoërskool Jim Fouché (JF) se eerste hokkiespan het teen Grey-kollege in die eindronde van die Bloemfontein-liga ‘n opskudding veroorsaak.

‘n Amperse wonderwerk was JF egter nie beskore nie én haal gerus jou hoed af vir die Grey-manne – hulle beskik oor BMT (Big Match Temperament) en het nooit tou opgegooi nie.

Grey het in die halfeindronde-wedstryd van Fichardtpark ontslae geraak vir ‘n plek in die eindronde terwyl JF vir St. Andrews slae gegee het. In die kragmeting tussen JF en Grey het eersgenoemde in die eerste helfte die telbord aan die rol gesit nadat die voormalige Suid-Afrikaanse hekkiesloper, Sean Reynolds, die doelhok eerste getref het.

Die spanne het hierna gaan rus met JF aan die voorpunt (1 – 0). Na rustyd het Grey, wat meer balbesit geniet het, kanse verspeel om die agterkant van die net te tref. Dit en goeie spel van die JF se verdedigers het verskeie kere verhoed dat Grey doele kon aanteken.

Dit het egter ‘n kwessie van tyd geblyk voor Grey met ‘n gelykmaker sou tref, en toe gebeur dit ook na ‘n stukkie puik spel, ‘n verdedigingsfout aan JF-kant, en Heinrich Bruhns wat die JF-doelwagter klop.

Die telling het teen eindfluitjietyd op 1 – 1 bly staan en bykomende tyd was op die agenda.

Die spanne moes sewe en ‘n halwe minuut aan ‘n kant bykomende tyd speel, maar Grey het slegs vyf minute benodig om die wendoel aan te teken nadat sy doelskieter en kaptein, Jacques Louw, getref het.

Daarna is geen doele aangeteken nie en Grey is vir die tweede agtereenvolgende jaar gekroon as kampioen.

‘n Pluimpie moet gaan aan JF vir die reuseverbetering wat hulle getoon het sedert verlede jaar. Hulle kon in die einste liga slegs sewende uit agt spanne eindig.

Share post:

Popular

More like this
Related

Busamed gives children hope through free scoliosis surgery

Busamed Bram Fischer Private Hospital in Bloemfontein is performing...

Preserving Bloemfontein’s heritage assets

Bloemfontein is home to some of South Africa’s most...

MMM addresses Treasury concerns

The Free State has once again come under the...

Transport oversight visit focuses on safer roads

Deputy minister of transport Mkhuleko Hlengwa visited the Free...