Lewer 8 porsies
1 heel springbokrib, ontbeen
vars suurlemoensap
sout en vars gemaalde swartpeper
Vulsel:
250 g gerookte varkvleis of repiesspek
100 ml gedroogde bosbessies (cranberries)
60 ml port
groot handvol vars roketblare
1 ui, gekap
5 knoffelhuisies, fyngekap
30ml olyfolie, plus ekstra vir smeer
2 rooi uie
8 kruienaeltjies
ekstra roketblare
500 ml wildsvleis aftreksel
METODE
Stap1: Geur die rib met suurlemoensap, sout en peper. Sny die varkvleis in repies en laat week die bosbessies en port.
Stap 2:
Pak die varkvleisrepe op die ontbeende rib en sprinkel die bosbessies bo-oor. Pak roketblare bo-op. Stap 3: Braai die ui en knoffel in die olie tot net sag en skep bo-op die roket.
Stap 4: Rol die rib op en bind op met tou. Smeer met olyfolie.
Stap 5: Maak vlak insnydings met ‘n mes oor die oppervlak om te verhoed dat dit opkrul terwyl dit in die oond is.
Stap 6: Sit die rib in ‘n diep, swaarboompot. Sny een van die rooi uie in ringe en sit in die pot. Druk die naeltjies in die ander ui en sit ook in die pot. Sprinkel die roket bo-oor.
Stap 7: Gooi aftreksel oor, bedek dig en potbraai vir ongeveer vyf tot ses uur teen 150 ̊C tot baie sag.







