Dit is vanjaar reeds veertig jaar sedert die eerste simfonieorkes in die Vrystaat gestig is. Om dit te vier en om die jaar op ? hoogtepunt af te sluit bied die Vrystaatse Simfonieorkes ? konsert in die Odeion aan met die oud-Bloemfonteinse pianis Charl du Plessis as solis en Alexander Fokkens op die podium. Vyf stigterslede van die destydse Sukovs simfonieorkes, Richard Reid, Francois Henkins, Anna van Niekerk, Tilla Henkins en Frederick Fourie is steeds lede van die Vrystaatse Simfonieorkes wat Saterdag 8 November optree.
Du Plessis speel twee werke saam met die orkes: Gerald Finzi se Eclogue op. 10 vir Klavier en Strykorkes en daarna die opwindende Totentanz (Liszt). Die program begin met die Ouverture tot Midsummer Night’s Dream (Mendelssohn). Na pouse volg Copland se Appalachian Spring wat in die oorspronklike weergawe vir slegs 13 spelers uitgevoer word. Die aand word jolig afgesluit met die Drie Danse uit Smetana se Verkoopte Bruid.
Ter viering van 40 jaar van simfoniese musiek in die Vrystaat is toegang vir die konsert slegs R40!
Kaartjies is by Computicket (Checkers, Shoprite winkels) beskikbaar of bespreek aanlyn by www.computicket.com
Solis: Charl du Plessis (klavier)
Datum: Saterdag 8 November 2014
Plek: Odeion
Tyd: 19:30







