E Copy

Date:

Fluweel-appeltert

Fluweel-appeltert
Maak een groot tert

Aangesien ons pas Vrouedag gevier het, het ons vir sjef Niemand gevra om te delf in haar ma se ou resepteboeke. Hierdie twee resepte, vertel sy, het haar ma nog met die hand oorgeskryf, en sjef deel graag die resepte met ons lesers.

Bestanddele
   
1 blik kondensmelk (moenie die blikkie weggooi nie!!)
2 eiers
100ml mielieblom (maizena)
15ml botter (let wel, botter – dit is on- onderhandelbaar!)
5ml vanielje
  Knippie sout
1 pakkie tennisbeskuitjies
6-8 Granny Smith-appels

Metode:

  1. 1. Kook die kondensmelk in ’n kastrol met
  2. 2½ blikkies (kondesmelkblikkie) water.
  3. Meng die mielieblom en ander ½ blikkie water tot ’n pasta en voeg die geklitste eiers hierby. Gooi die kookmengsel oor die mielieblompasta en meng goed. Gooi weer terug in kastrol en kook tot verdik – roer die sout, botter en vanielje by.
  4. Pak die tennisbeskuitjies onder in ’n goot glas-tertbak (ongeveer 20x30cm) en gooi die warm vulsel oor.
  5. Skil die appels en sny in blokkies – kook effens gaar in water, dreineer, voeg bietjie suiker en kaneel by, verpulp die appels tot ’n growwe mousse – laat afkoel en skep bo-op vulsel. Bedien met vanielje- room!

Share post:

Popular

More like this
Related

Minder bevoorregte leerlinge se matriekafskeiddrome bewaarheid

’n Geldinsamelingsgeleentheid om minder bevoorregte matriekleerlinge te help om...

ADVERTORIAL: Shaping the future of property through innovation and family values

From military discipline at sea to the boardrooms of...

Sunflower Children’s Hospice begins archive project

For nearly three decades, Sunflower Children’s Hospice has been...

FS publisher opens doors for aspiring authors

Charmaine Charmza Mrwebi started her publishing company, Charmza Literary...