Fichardpark HS se Clover-sportdag

0
2676

Die 13de jaarlikse Clover-sportdag van die Hoërskool Fichardtpark was weer ’n reuse sukses en omdat skoolspanne volgens krag teen krag meeding was daar nie minder nie as ses skole wat al hul wedstryde gewen het.
Spanne het in rugby, netbal, hokkie, skaak en tennis in verskillende ouderdomsgroepe meegeding. Daar was onder meer 80 hokkiespanne, 104 rugbyspanne en 100 netbalspanne in aksie.
Behalwe die hoofborg het ander borge soos Twizza, Life Rosepark Hospitaal, Noordwes Universiteit, Central Nissan, Checkers Hyper asook die ouergemeenskap van Fichardtpark ’n groot bydrae gelewer.
Van die belangrikste uitslae van Hoërskool Fichardtpark Clover sportdag is.

Tennis
Seuns – eerstespanne
: 1. Noord-Kaap, 2. Sentraal, 3. Middelburg. Seuns – tweede spanne: 1. Diamantveld, 2. Noord-Kaap, 3. Sentraal.
Meisies – eerstespanne: 1. Diamantveld, 2. Eunice, 3. Landboudal. Meisies – tweede spanne: 1. Diamantveld, 2. Sentraal, 3. Fichardtpark

Skaak
A-liga:
1. Afrikaans Hoërskool Kroonstad, 2. Grey Kollege, 3. Noord-Kaap, 4. Fichardtpark. B-liga: 1. Hoërskool Grens, 2. Sentraal, 3. Fichardtpark, 4. Hoërskool Upington.

Hokkie
Meisies o.18:
Eunice 3 Hudson 0; Fichardtpark 5 Grens 0; Colts 2 Afrikaans Hoërskool Kroonstad 0; Stirling 2 Duineveld 0; Stirling 1 St. Michael’s 0; Oranje 1 Hudson 0; Noord-Kaap 4 Fichardtpark 0; De Aar 8 Martie du Plessis 0; Burgersdorp 5 Hennenman 0; Hentie Cilliers 2 Zastron 0;
Aliwal-Noord 5 Landboudal 1.

Seuns o.18: Upington 1 Witteberg 0; Brebner 1 Hentie Cilliers; Afrikaans Hoërskool Kroonstad 7 Duineveld 0; Upington 4 Martie du Plessis 0; Aliwal-Noord 2 Dr. Viljoen 1; Hudson 1 Jim Fouché 0; Fichardtpark 1 Stirling 1; Noord-Kaap 2 Hudson 0; Sterling 5 Diamantveld 0; Sentraal 1 HTS Kimberley 0; Fichardtpark 0 Kimberley Boys High 0.

Rugby o. 19A: landboudal 15 Witteberg 10; Goudveld 12 Upington 6; Duineveld 10 Welkom Gimnasium 3; HTS Louis Botha 15 Diamantveld 13; Cherries 44 Afrikaanse Hoërskool Kroonstad 15; Sentraal 15 Hentie Cilliers 13; Grey 53 Potchefstroom Gimnasium 0; Fichardtpark 35 Hoërskool Grens 15; Hoopstad 18 Hendrik Potgieter 11; De Aar 15 Grey vyftiental 12; Staatspresident Swart 18 Hangklip 17; Aliwal-Noord 27 Henneman 24; Zastron 56 Riebeeckstad 7; Middelburg 30 Koffiefontein 7.

Netbal
Eerstespanne:
Diamantveld 19 Fichardtpark 18; Sentraal 37 Diamantveld 15; Duineveld 27 Witteberg 14; Eunice 30 Upington 22; Fichardtpark 23 Grens 15; Oranje 23 Duineveld 20.
Spanne wat al hul wedstyde gewen het, is: Aliwal-Noord, Eunice, Hoopstad, Oranje Meisieskool, Riebeeckstad en Sentraal.