Euodia Naanyane-Bouwer is genomineer vir Jong Entrepreneur van die Jaar.
1. Hoe voel jy oor jou nominasie as Jong Entrepreneur van die Jaar?
Ek is baie opgewonde en aangenaam verras.
2. Hoekom dink jy is jy genomineer?
Sekerlik oor ek opheffingswerk doen by ons skole in die gemeenskap. Ek help graag om te sien dat jong meisies nie sonder sanitêre doekies hoef te wees gedurende hul menstruasie nie en daardeur het die herbruikbare en bioafbreekbare sanitêre doekies ontstaan wat ek ontwerp, ontwikkel en vervaardig. Die projek is tans in sy loodsfase.
3. By watter gemeenskapsprojekte was jy oor die jare in Heidedal betrokke?
Ek het vroeër jare altyd deelgeneem aan aankope van sanitêre doekies vir PropheTess Foundation. Ek het toe later aktief betrokke geraak deur die gemeenskap te dien deur die Angel Foundation en werk tans onafhanklik met ons skole.
4. Indien jy gekies sou word as Jong Entrepreneur van die Jaar, wat is die kwessies wat jy in Heidedal sou wou aanspreek?
Ek sal graag wil aanhou werk soos wat ek op die oomblik doen, maar bo en behalwe dit ook hardwerkene, verdienstelike jong meisies wil mentor.
JERETHA OOSTHUIZEN
[email protected]







