E Copy

Date:

Sport sal die jeug bevorder

Lize Pieterse is tans ‘n graad 2- onderwyseres en hokkie-afrigter by Olympia Primêre Skool in Heidedal en is as Heidedalse Vriend van die Jaar benoem.
1. Hoe voel jy oor die nominasie vir Vriend van die Jaar?
Dit is ongelooflik! Dit is `n groot verrassing en `n groot eer en voorreg. Ek het ongelooflik baie respek vir die gemeenskap van Heidedal en wil baie dankie sê vir die nominasie.
2. Hoekom dink jy is jy genomineer?
Ek dink ek is genomineer oor my betrokkenheid by sport (hokkie) en by my skool. My grootste passie in die lewe is om met kinders te werk en daarnaas is dit hokkie.
3. By watter gemeenskapsprojekte was jy oor die jare in Heidedal betrokke?
My verhouding met die gemeenskap van Heidedal het al in my studente-jare begin toe ek as deel van die JOOL-komitee betrokke begin raak het met projekte en uitreike in Heidedal. In 2012 het ek as onderwyseres by Olympia Primêr begin werk, waar ek dadelik met hokkie- afrigting by die skool begin het. Ek is ook die ondervoorsitter van die Suid-Vrystaatse Ontwikkelingskomitee wat die ontwikkeling van hokkie in Heidedal wil bevorder om sodoende meer kinders te bereik en `n veilige omgewing vir hulle te skep waar hulle kan leer en speel.
4. Indien jy gekies sou word as Vriend van die Jaar, wat is die dinge wat julle in Heidedal sou wou aanspreek?
As ek die toekenning sou wen, wil ek graag die geleentheid gebruik om sport in die gemeenskap te bevorder. Die gemeenskap van Heidedal is vol mense met kennis en talent wat kan bydra tot die ontwikkeling van jongmense en kinders. Ek wil graag sien dat ons hande vat om die kinders in ons gemeenskap te ontwikkel.

JERETHA OOSTHUIZEN 
[email protected]

Share post:

Popular

More like this
Related

Agricultural terminology workshop promotes workplace inclusion through SASL

The department of agriculture, rural development and environmental affairs...

Pencil In: 23 July 2026

23 July: Prosperity Enterprises will host a Property Investors’...

Government welcomes 0.5% GDP growth in first quarter

Government has welcomed South Africa's 0.5% gross domestic product...

Power interruption at Market DC

Centlec has notified residents of a power outage at...