E Copy

Date:

Eisgeld aan NWU-prof oor slaggate, nog nie betaal

CHRISTAL-LIZE MULLER

Die Noordwes departement van vervoer het nog nie die geld wat hy aan ‘n professor aan die Noordwes-Universiteit verskuldig is, nadat ‘n skikking in Junie buite die hof bereik is, betaal nie.

Dit kom nadat Wannie Carstens die departement meer as twee jaar gelede gedagvaar het vir die skade wat hy gely het toe sy motor ‘n slaggat buite Ottosdal getref het. Hy kon weens die teenspoed nie sy ma se begrafnis bywoon nie.

Sy regsverteenwoordiger, Cerneels Lourens, sê die geld moes binne 30 dae na die hofskikking betaal word. Volgens Lourens gaan hy nou voort ingevolge die Wet op Staatsaanspreeklikheid om beslag op die departement se roerende bates te lê.

Lourens sê die departement maak hom skuldig aan minagting van ‘n hofbevel. Die eisbedrag is meer as R110 000.

Share post:

Popular

More like this
Related

Busamed gives children hope through free scoliosis surgery

Busamed Bram Fischer Private Hospital in Bloemfontein is performing...

Preserving Bloemfontein’s heritage assets

Bloemfontein is home to some of South Africa’s most...

MMM addresses Treasury concerns

The Free State has once again come under the...

Transport oversight visit focuses on safer roads

Deputy minister of transport Mkhuleko Hlengwa visited the Free...