E Copy

Date:

Doofheidsbewustheidmaand vir Dowes bemagtig gehoorgestremdes

Daar is meer gebaretale in die wêreld as gesproke tale. Ongeveer 600 000 dowe Suid-Afrikaners se eerste taal is Suid-Afrikaanse Gebaretaal (SAGT). Daar is sowat 40 skole vir dowes in Suid-Afrika. 90% van alle dowe kinders het horende ouers. Slegs sowat 30% van spraak is op die lippe sigbaar.

Hoeveel van hierdie belangrike feite is aan jou bekend?

Die doel van doofheidsbewustheidmaand is om horende gemeenskappe op te voed oor probleme wat die dowe bevolking op ‘n daaglikse basis ervaar, asook om erkenning te gee aan die geskiedenis en kultuur van mense wat doof of hardhorend is. Die Universiteit van die Vrystaat (UV) wy reeds vir die afgelope 70 jaar September aan die aanbied van geleenthede wat verband hou met die onderwerp van gehoorgestremdheid.

Die tema ‘Met Suid-Afrikaanse Gebaretaal-regte, kan ons kinders!’

Vanjaar se tema het leerders van die Bartimea-skool vir dowes en gesiggestremde, gehoorgestremde UV-studente en prof Jonathan Jansen tydens ‘n piekniek wat op Maandag 7 September 2015 op die Rooiplein van die Bloemfontein-kampus gehou is, oor bemagtiging aan die gesels gehad.

Mohawu Matshela, ‘n graad 12-leerder, het met behulp van ‘n gebaretaal-tolk verduidelik dat hy bemagtig voel deur die pogings wat die universiteit aanwend om individue met gestremdhede te aanvaar en te bemagtig. Daarna het hy sy voorneme bekendgemaak om Inligtingstegnologie of Maatskaplike Werk by Kovsies te studeer.

Clifford Machete, ‘n eerstejaar- Administrasie-student aan die universiteit, het vertel hoe gebaretaaltolke hom ‘n houding van ‘ek kan’ gegee het toe hy die eerste keer by die universiteit aangekom het.  “As ‘n dowe persoon, ervaar ek dat ek met behulp van die gebaretaaltolke kan leer. Die universiteit is toeganklik, en ek is baie trots daarop dat ek hier kan studeer en deel van Doofheidsbewustheidmaand kan wees.”

Susan Lombaard, dosent en waarnemende Voorsitter van die Departement Suid-Afrikaanse Gebaretaal, glo dat dit die doel van Doofheidsbewustheidmaand is om menswaardigheid te bevorder.

“Ons wil vir die wêreld wys dat dowe mense enigiets kan doen en dat hulle taal net so sterk en belangrik soos enige gesproke taal is.”

Vir meer inligting oor aktiwiteite vir Doofheidsbewustheidmaand, kontak die Departement Suid-Afrikaanse Gebaretaal by 051 401 2251.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

-Supplied 

Share post:

Popular

More like this
Related

Busamed gives children hope through free scoliosis surgery

Busamed Bram Fischer Private Hospital in Bloemfontein is performing...

Preserving Bloemfontein’s heritage assets

Bloemfontein is home to some of South Africa’s most...

MMM addresses Treasury concerns

The Free State has once again come under the...

Transport oversight visit focuses on safer roads

Deputy minister of transport Mkhuleko Hlengwa visited the Free...