E Copy

Date:

Dance Domination gaan oorsee deelneem

Van die 65 dansers wat Suid-Afrika van 22 tot 25 Junie gaan verteenwoordig in disco-dans op die IDO Disco Dance World Championships in die Tjeggiese Republiek is 50 van die Vrystaat.
Die meeste van diĆ© dansers is van die Dance Domination-ateljee in Bloemfontein. Die trotse afrigters van die drie Dance Domination-takke in Bloemfontein, is Senicia du Toit-Breytenbach, Marilize Griffiths en Manulani Cohen. “Die Vrystaat het vanjaar nie net die leiding geneem wat getalle op die Suid-Afrikaanse spanlys betref nie, hierdie kinders is ook bo-aan die Suid-Afrikaanse ranglys. Ons is voorwaar geseĆ«nd met die pragtige prestasies van ons Dance Domination-groep,” sĆŖ Du Toit-Breytenbach.
Die afrigters wens elke danser sterkte toe vir die wĆŖreldkampioenskappe. Hulle bedank ook elke persoon en besigheid wat hulle ondersteun het in hierdie proses. “Baie dankie dat julle ons drome help bewaarheid!”
Die publiek kan die groep op Facebook volg by @dancedominationseniciadutoit. – Jeretha Oosthuizen
[email protected]

Share post:

Popular

More like this
Related

UFS pianist debuts in Madrid

The University of the Free State (UFS) has celebrated...

NFVF invites applications for public screening funding

The National Film and Video Foundation (NFVF) has opened...

CUT responds to sexual harassment allegations

The Central University of Technology (CUT) has responded to...

ADVERTORIAL: Meet our team of specialists

Life Rosepark Hospital is proud to introduce a dynamic...