E Copy

Date:

Daar is wel hoop vir matrieks wat nie geslaag het nie

Matriekleerlinge wat nie hul maktriekjaar geslaag het nie, hoef nie in sak en as te gaan sit nie. Die Federasie van Beheerliggame van Suid-Afrikaanse skole (Fedsas) se Jaco Deacon sĂȘ daar is verskeie opsies wat uitgeoefen kan word. Hy raai leerlinge aan om aansoek te doen by die Departement van Onderwys om antwoordstelle in vakke waarin hulle nie goed gevaar het nie, te laat hernasien. Leerlinge sal egter daarvoor moet betaal. Deacon sĂȘ leerlinge kan ook herregistreer om vakke in ‘n volgende eksamen oor te skryf, of hul matriekjaar herhaal.

 

Die sluitingsdatum vir aansoeke vir die hermerk van antwoordstelle of die proses waarin dit nagegaan word, is 19 Januarie. Vraestelle kan slegs gesien word nĂĄ die hernasien daarvan of nadat dit nagegaan is.

Die hernasien van ‘n vraestel kos R82. Om ‘n vraestel na te laat gaan, kos R21 en om dit te sien kos R180. – Christal-Lize Muller

 

Share post:

Popular

More like this
Related

CUT women hockey finish fifth at USSA

The Central University of Technology (CUT) Ladies Hockey Team...

Two suspects to appear in court for house robbery

Two men aged 27 and 35 are expected to...

Small food changes can boost energy

Many South Africans struggle with low energy, but the...

Centlec provides update on ongoing power restoration efforts

Centlec has informed residents of Bainsvlei, Mooiwater, Waterbron, Spitskop...