Brikette wat braaivleis geur gee is groot nuus

0
140
Catherine en Frank Oberholzer. FOTO: NOMAQHAWE MTEBELE

Die Oberholzers, ‘n paartjie van Harrismith, kan dalk, sonder dat jy dit weet, net hê wat jy nodig het vir jou volgende braai. Hulle het Franca Gourmet Briquettes in 2016 begin nadat Frank Oberholzer een aand ‘n idee gekry het om vars roosmaryn uit die tuin oor die kole op die rooster te strooi.
Oberholzer, ‘n plaasboer, beskryf homself as ‘n eksperimentele kok. Sy vrou, Catherine, onthou hoe een van sy eksperimente vir ‘n deurbraak gesorg het. “Ons was een aand besig om te braai toe my man op die ingewing van die oomblik besluit het om ‘n handvol kruie op die kole te gooi. Hy sê toe, ‘Wow, ruik jy dit?’ Ek kon dit duidelik ruik. Toe ons begin eet, sê hy weer, ‘My dierbare vrou, proe jy dit?’ Ek proe dit toe ook weer duidelik,” onthou sy.
Sedertdien het die paartjie ‘n eerste vir Suid-Afrika geskep, vuurmaakkole met kruie deurdrenk. Jy kan hiermee verseker dat jou gesinsbraai iets verfrissend anders word.
“Volgende was die idee om ‘n briket te ontwikkel wat deurdring is met kruie. Die kruie word deel van die brikette, wat ‘n aroma afgee tydens die braai en ‘n subtiele geur byvoeg tot die smaak,” sê Catherine.
Die brikette kom in kruigeure soos knoffel, roosmaryn en uie, inderdaad stimulerend vir jou en jou gaste se eetsintuie. Die produk is organies, wat beteken dat dit nie enige skadelike chemikalië bevat wat ingeasem of ingeneem kan word nie.
“Ons brikette bevat geen chemikalieë nie. Meeste van die vervaardigde brikette bevat wel chemikalieë omdat stikstofnitraat gebruik word om dit warmer te laat brand. Dit is waar die chemiese reuk vandaan kom wanneer ‘n normale briket gebruik word,” sê Frank.
Die suksesvolle paartjie het hul brikette as iets heel nuuts verkoop op die Free State Organic Food & Wine Festival by Urth Garden Centre in Bloemfontein. – Nomaqhawe Mtebele
nomaqhawe@mahareng.co.za