E Copy

Date:

Boere bekommerd oor Eskom tariefverhogings

OWEN KOCK

Boere is baie bekommerd oor Eskom se voorgestelde 16% tariefverhoging.

Dan Kriek, president van Vrystaat Landbou sê die verhoging kan tot verdere werksverliese lei en boonop sal voedselpryse op handelsvlak ook styg wat tot ‘n beperking van produksie in primêre landbou kan lei.

Kriek het gister in Bloemfontein gepraat tydens die Nasionale Energiereguleerder van Suid-Afrika (Nersa) se openbare verhore oor die voorgestelde verhogings. Hy sê die verhoging sal ‘n direkte impak hê op plaasarbeiders wat nie gratis basiese dienste van die munisipaliteit ontvang nie.

Eskom het ‘n aansoek ingedien om die prys van elektrisiteit jaarliks oor die volgende vyf jaar met 16% te verhoog. Eskom het beraam dat hy ongeveer R1.1 triljoen gaan benodig vir sy infrastruktuur-instandhouding, personeelkoste en groei.

Share post:

Popular

More like this
Related

UFS pianist debuts in Madrid

The University of the Free State (UFS) has celebrated...

NFVF invites applications for public screening funding

The National Film and Video Foundation (NFVF) has opened...

CUT responds to sexual harassment allegations

The Central University of Technology (CUT) has responded to...

ADVERTORIAL: Meet our team of specialists

Life Rosepark Hospital is proud to introduce a dynamic...