Duane Petrus
Delia Jaftha, die vrou van die bekende Bloemfonteinse gemeenskapsleier, Ds Kiepie Jaftha, het laat Sondagaand by hul huis gesterf. Sy is vroeër vandeesmaand by die Life Rosepark Hospitaal met longinfeksie opgeneem. Sy word oorleef deur haar man – Ds. Kiepie, haar kinders – Nelien, Jill, Wilma en Julian, haar skoonkinders – Mario (Vicky), William en Bronessa en deur haar kleinkinders – Blake, Marjon, Gilden en Matthew. Sy sal Saterdag, ‘n dag voordat sy haar 65ste verjaarsdag sou vier, te ruste gelê word. Sy word 10:00 uit die Gereformeerde Kerk Heidedal (Hibiscusstraat 6) begrawe.
Date:







