E Copy

Date:

Bloem beïndruk weereens by Spekboom-toernooi

Die vierde Spekboom-tennistoernooi is tussen 2 en 3 April in Cradock in die Oos-Kaap gespeel.

Die toernooi is vir die eerste keer sedert 2019 gespeel aangesien dit weens Covid-19 nie vir die afgelope twee jaar kon plaasvind nie.

Soos oudergewoonte het die spanne Bloemfontein weereens hul staal getoon en drie van die ses spanne het in hul ouderdomsgroepe geseëvier.

‘n Totaal van 96 spelers vanuit die Vrystaat, Grens, Oostelike Provinsie en Suid-Westelike Distrikte het in die gewilde toernooi meegeding.

Die kompetisie was vanjaar uitsonderlik sterk gewees en daar was min om die afsonderlike spanne te onderskei. Hannes du Toit (Oudstudente), Christo Koekemoer (Mundene), Veruschka van Wyk (Mundene) en Janine Nel (Mundene) het in die 35+ ouderdomsgroep koning gekraai.Die 45+ ouderdomsgroup is deur Jan du Plessis (Oudstudente), Danie Mostert (Middelburg Kaap), Dielie Nel (Oudstudente) en Marie Jooste (Mundene) gewen.

Izak Buys (Oudstudente), Willem Erasmus (Universitas), Linda van Nierkerk (Fichardtpark) en Lettie Ferreira (Ladybrand) het in die 75+ oudersdomgroep weereens gewen. Dit was die vierde keer dat die 75+ groep die toernooi gewen het, en Buys en Ferreira was nog elke keer in die wenspan gewees. – MORGAN PIEK

Share post:

Popular

More like this
Related

Planned power interruption in Mandela View

Residents of Mandela View are advised to prepare for...

ADVERTORIAL: Meet our team of specialists

Life Rosepark Hospital is proud to introduce a dynamic...

UFS professor appointed to national financial planning board

The University of the Free State (UFS) has welcomed...

COGTA warns of fake RDP housing scam

The Free State Department of Cooperative Governance and Traditional...