E Copy

Date:

Bloedskenkingsmaand: ‘Vraag neem steeds toe’

BLOEMFONTEIN – Die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens (SANB) vier die toewyding van sy bloedskenkers in Junie en wil die publiek herinner dat die aanvraag vir bloed, om mense in mediese noodgevalle se lewens te red, steeds toeneem.

Met die begin van Bloedskenkingsmaand sê SANB-hoofbestuurder Ravi Reddy hulle moet die uitdaging beklemtoon:
“Ons mikpunt vir 2015 is 815 509 eenhede bloed. Ons sal dit net regkry indien talle van ons skenkers in staat is om meer te gee en indien lede van die publiek na vore kom om die skenkers te vervang wat oor die jare so vrygewig gegee het maar nie meer kan nie.”

Suid-Afrika is slegs een van 62 lande wêreldwyd wie se hele bloedvoorraad deur vrywilligers sonder betaling geskenk word. Op 14 Junie elke jaar sluit Suid-Afrika hom by ander lande aan om Wêreld-bloedskenkdag te vier en dryf ‘n veldtog vir die hele maand wat die belangrikheid van bloedskenkings benadruk.

“Geen gesondheidstelsel kan sy werk doen sonder ‘n betroubare voorraad van veilige bloed nie,” het mnr. Reddy gesê.

"Dit is niks anders as ‘n wonderwerk dat hierdie noodsaaklike aspek van gesondheidsorg in die hande van vrywilligers is en dat hulle ons nog nooit in die steek gelaat het nie.”

“Baie van ons besef nie die omvang van situasies waar bloed ‘n lewensbelangrike rol speel nie. Dit sluit gewone daaglikse gebeure soos die geboorte van ‘n kind of gewone chirurgie in, asook rare bloedsiektes, kankerbehandeling en trauma."

Bloedskenkers moet vry wees van, onder andere, HIV en Hapatitis B, om pasiënte teen infeksie te beskerm. Die omvang van die HIV-epidemie in Suid-Afrika het verskeie jare gelede al die vrese laat ontstaan dat die SANB nie ‘n infeksievrye bloedvoorraad sal kan volhou en terselfter tred kan hou met die groeiende vraag nie.

Mnr. Reddy verduidelik: “Ons is trots daarop dat Suid-Afrika hierdie uitdaging kon takel. Ons het ons donateursbasis gediverisifeer en diskrimineer nie ten opsigte van ras, seksuele oriëntasie of woonplek nie. Deur beter te kommunikeer met voornemende skenkers en deur gebruik gemaak te maak van ultra-sensitiewe toetstegnologie om HIV-infeksie vas te stel, het ons nie ‘n enkele aangemelde geval van HIV wat deur ‘n bloedoortapping meegrbing is, in nege jaar gehad nie."

– Verklaring verskaf

Share post:

Popular

More like this
Related

Sunflower Children’s Hospice begins archive project

For nearly three decades, Sunflower Children’s Hospice has been...

FS publisher opens doors for aspiring authors

Charmaine Charmza Mrwebi started her publishing company, Charmza Literary...

National MTB stars ready to light up Happy Valley

The stage is set, and Bloemfontein is ready to...

Faf gereed vir Cheetahs-debuut teen ou span

Die gesoute Springbok-skrumskakel Faf de Klerk sal Sondag sy...