E Copy

Date:

Bfn-avonturier staal hom vir Antarktika

‘n Bloemfonteinse avonturier onderneem vroeg volgende jaar sy gevaarlikste ekspedisie nog. Hoewel De Bruyn Joubert reeds jare lank die natuur en sy uitdagings aanvat, is sy komende ekskursie, Coldest Triangle, wat hy in Januarie oor ‘n tydperk van drie maande aanpak, by verre die uitdagendste. Hierdie ekspedisie sal hy man-alleen, per fiets en sonder enige ondersteuning aanpak – ‘n eerste vir hierdie ongerepte roete.
Joubert vertel hierdie ekspedisie is een wat as voorbereiding dien vir wanneer hy Antarktika later aanstaande jaar sal aanpak. Sy Antarktika-avontuur maak deel uit van sy Around 7 Continents-ekspedisie.
Sowat drie jaar gelede het Joubert op sy fiets geklim en begin met die uitdaging van ‘n leeftyd. In ‘n avontuur wat hy Around 7 Continents noem, sal Joubert oor ‘n tydperk van vyf jaar, sewe vastelande en 70 lande van kus tot kus per fiets deurkruis. Teen die einde van hierdie uitdaging behoort hy sowat 85 000km afgelĆŖ het.
Sy ekspedisie het in 2013 in AustraliĆ« begin waar hy 4 538km van oos tot wes gery het. DaarnĆ” het hy Europa in 2014 aangedurf en 6 549km van Ierland tot in Griekeland getrap. In 2015 het hy met sy AsiĆ«-roete in Turkye begin en 12 064km tot in die Filippyne afgelĆŖ. In dieselfde jaar het hy 12 237km deur Noord-Amerika getrap en daarna ‘n winterekspedisie van 4 560km deur die ysige winterkoue van SiberiĆ« en MongoliĆ« onderneem. DĆ­t sien Joubert alles as voorbereiding vir die Coldest Triangle, wat op sy beurt as voorbereiding vir sy Antarktika-been van Around
7 Continents dien.
Hy beskou dit as ‘n avontuur wat hom tot nuwe oorwinnings sal dryf.
“Ek het diĆ© voorbereidingsbeen (in uiterste koue) vir Antarktika vir byna twee jaar lank beplan. In Januarie begin ek met die Coldest Triangle in SiberiĆ«, waar ek drie verskillende roetes sal aanpak wat niemand al ooit vantevore onderneem het nie, deur van die koudste gebiede in die wĆŖreld en in die middel van die Europese winter.”
Joubert vertel dat temperature sal tuimel tot -55°C en aanvoelbare temperature tot -70°C.
“Die 2 000km lange ekspedisie sal in die hart van SiberiĆ« afgelĆŖ word, waar ek noord sal beweeg tot diep in die Arktiese Sirkel. Daar sal ek omdraai en begin met die terugreis. Die roete is nog nooit met ‘n fiets gery nie, te voet deurkruis nie of in ‘n poging tot ‘n solo-ekskursie sonder enige ondersteuning onderneem nie. Ek sal hierdie ekspedisie solo en geheel en al sonder ondersteuning aanpak.”
Joubert vertel die ekstreme weersomstandighede, gebrek aan sonlig (en sodoende Vitamien D), wolwe en die afgeleƫ en ongerepte wildernis is van die groot uitdagings wat hom gedurende sy tog in die gesig sal staar. Hy sal ten spyte van hierdie uitdagings al langs die roete moet kampeer. Sy kos en toerusting sal hy op twee sleƫ, wat tussen 150kg en 200kg weeg, agter aan sy fiets trek.
Oor meer besonderhede oor die roete wil Joubert hom nie uitlaat nie. “Die roete is só gevaarlik dat daar wĆŖreldwyd groot geheimhouding rondom dit is. Dit is nie iets wat enige persoon sommer kan aanpak nie,” vertel Joubert geheimsinnig.

Wie is De Bruyn Joubert?

De Bruyn Joubert is ‘n 31-jarige entrepreneur wat verskeie besighede op die been gebring het.
Tydens sy laerskooljare het hy skoolgegaan op Willem Postma PrimĆŖre Skool.
Hy het aan Hoƫrskool Sentraal gematrikuleer.
Wanneer hy nie die wĆŖreld verken nie, kuier hy by sy vriendin in Alaska of by sy ouers in Bloemfontein.
Hy het al meer as 40 lande besoek.
Volg Joubert en sy reise op:
Facebook: Around7continents
Twitter: @DeBruynJoubert
Instagram: debruynjoubert
YouTube: bruyner
Of op die volgende webtuistes:
www.debruynjoubert.com
www.around7continents.com

–Ā Maricelle Botha
[email protected]

Share post:

Popular

More like this
Related

UFS pianist debuts in Madrid

The University of the Free State (UFS) has celebrated...

NFVF invites applications for public screening funding

The National Film and Video Foundation (NFVF) has opened...

CUT responds to sexual harassment allegations

The Central University of Technology (CUT) has responded to...

ADVERTORIAL: Meet our team of specialists

Life Rosepark Hospital is proud to introduce a dynamic...