E Copy

Date:

Bfn-amateurstoeiklub vat vas

Die Sand du Plessis-amateurstoeiklub het hierdie maand weer kragte gemeet met die res van die land by die SA Nasionale Stoeikompetisie in Gauteng. Tien stoeiers van die klub het deelgeneem en spog met vyf goud-, twee silwer- en een bronsmedalje tussen hulle.

Volgens Jurg Kruger, voorsitter van die klub, was dit die eerste SA kampioenskap in twee jaar en het die klub ongelooflik goeie uitslae behaal. Die seuns wat medaljes verower het, werk almal vir meer as vier jaar om die sport te bemeester.

Wenners is Wian Pienaar, vrystyl onder 9, 55 kg: goud; Ruwan van Niekerk vrystyl onder 10, 35 kg: goud; Evano Oosthuizen, vrystyl onder 11, 40 kg: Brons; Divan Prinsloo, vrystyl Grieks-Romeins onder 13, 34 kg: goud; MJ Hatting, vrystyl onder 15, 85 kg: silwer; Hano Kruger, vrystyl onder 15, 68 kg: silwer; Johan, Bester veterane A-afdeling, 70 kg: goud.

Kruger vertel die klub is 22 jaar gelede begin deur Oom Peet Labuschagne nadat daar ‘n behoefte aan ‘n klub in die suide van Bloemfontein ontstaan het, veral onder Sand du Plessis-leerders. “Vandag is daar net twee klubs oor in Bloemfontein en kinders van alle skole, Fichardpark, JF, Grey, Tjokkies en Pres Brand, is deel van die klub. Die klub spog ook met beginnerstoeiers van vier tot 32 jaar oud.”

Volgens Kruger is stoei ‘n baie fisieke sport waar kinders fisiek, emosioneel en geestelik uitgedaag word om die beste in hulle na vore te bring. Dit is enkelsport wat baie moed en oortuiging kos om voor ‘n gehoor ‘n opponent aan te vat en te probeer wen. “Dit verg baie fisieke oefening, herhaling, en krag om jou opponent te wen. Amateurstoei is die oudste genotuleerde sportsoort wat uit die Grieks-Romeinse-era dateer.”

Blootstelling in die Vrystaat is baie min en en in die Covid-19-tyd was daar slegs twee klubs in die Vrystaat wat aktief gestoei het. Kompetisies veral, was baie beperk.

Sazly Hartzenberg

[email protected]

Share post:

Popular

More like this
Related

UFS pianist debuts in Madrid

The University of the Free State (UFS) has celebrated...

NFVF invites applications for public screening funding

The National Film and Video Foundation (NFVF) has opened...

CUT responds to sexual harassment allegations

The Central University of Technology (CUT) has responded to...

ADVERTORIAL: Meet our team of specialists

Life Rosepark Hospital is proud to introduce a dynamic...