Besighede ding mee in sport vir liefdadigheid

0
353
Die span van Thepa Trading van links is Justin Pretorius, Ettienne Bolton en Angelique Markram FOTO: Vanessa Lubbe

Agt-en-veertig spanne gaan hierdie Saterdag (4/6) by die Action Sportsarena in Bloemfontein bymekaar kom om teen mekaar in aksiekrieket en netbal mee te ding vir kinders wat minderbevoorreg is.

Die aksiebelaaide dag sluit 336 spelers in. Besighede soos Thepa Trading, Itec en Nashua sal vir die eerste keer teen mekaar te staan kom om dinge op die sportbaan uit te spook, al is dit net vir pret.

Die byeenkoms, wat vanjaar vir die eerste keer plaasvind, fokus om komberse, nie-bederfbare kos, sanitêre produkte sowel as kontant donasies in te samel vir kinders wat uit minderbevoorregte gesinne kom. Die donasies sal Maandag 6 Junie oorhandig word.

Volgens Vanessa Lubbe van Thepa Trading Bloemfontein het verskillende besighede ingestem om “deel te word van die dag om ‘n verskil in ander se lewens te maak. As dit ‘n groot sukses is, gaan die geleentheid beslis jaarliks plaasvind.”

Die geleentheid sal ook fondse insamel vir Mandus Venter wat in Oktober aan die Binnenshuise Aksie Krieket Wêreldbeker in Australië gaan deelneem.

Saterdag se byeenkoms is weens Covid maatreëls nie oop vir die publiek nie, maar donasies word verwelkom. Vir meer inligting kontak vir Vanessa op 076 036 6034 of Justin op 079 690 7420.

Jeretha Oosthuizen

jeretha@mahareng.co.za