E Copy

Date:

Bainsvlei se Bok-Mamma

Bainsvlei se “Bok-Mamma”, Mariaan Viljoen, verpersoonlik ‘n suksesverhaal – dit nadat sy ‘n terugslag in ‘n groeiende sakegeleentheid omgeskep het.

Op 27 is Viljoen geskei en sy het geen keuse gehad as om plaas toe te trek nie aangesien sy werkloos was. Sy het haar tasse gepak en saam met haar twee jong seuns verhuis, en so het haar reis begin. Viljoen het aan die begin groente gekweek wat sy naweke by die Langenhovenmark verkoop het.

Sy het later geleer om te skilder deur na YouTube-videos te kyk en sy het haar kuns verkoop om te oorleef, maar haar droom was om eendag haar eie bokke te besit.

Vir die eerste drie jaar na haar egskeiding het Viljoen en haar twee seuns in die sitkamer van haar ouerhuis op die plaas gewoon. “Ek het tweedehandse deure en vensters begin aanry, selfs klippe, en mense het my gevra wat ek gaan doen. Ek het gesê ek gaan vir my en my seuns ’n huis bou. Jare later besit ek ’n groot huis,” sê sy.

In 2019 het sy ‘n advertensie vir twee “redelik goedkoop” bokke gesien. “Hulle name was Joseph en Jessica. Ek het die spesiale liefde wat hierdie bokke vir mekaar het, raakgesien. Hulle het dit vreeslik geniet toe ek hulle gekrap het en ek dink toe: ek wil eerder boerbokke hê! Toe koop ek my eerste tien boerbokke en dit is hoe dit alles begin het,” vertel Viljoen.

Vandag spog Viljoen met 40 bokke, waarvan 27 dragtig is. “Mense dink bokke is ‘grumpy’ en mislik, maar dis nie so nie. Al my bokke het name soos Caramely, Mev Kolletjie, Ore en Beast.”

Viljoen het haar passie vir haar diere ‘n stap verder geneem en deesdae deel sy haar kennis op haar YouTube-kanaal. Haar kanaal “Bokkie Mama” is nie net vir bokliefhebbers nie, maar vir almal wat graag meer oor bokke wil leer. Haar prettige en interaktiewe video’s sluit alles in – van bokversorging, voeding, teling, gesondheid en behuising, of net vir mense wat dit geniet om na bokke en “al hul simpel dingetjies te kyk”. En waarvan droom sy nog? “Om eendag stoet-bokke te besit en my besigheid verder uit te brei,” glimlag Viljoen.

Pierce van Heerden

pierce@mahareng.co.za

Share post:

Popular

More like this
Related

FS teachers won’t lose medical benefits

Following days of uncertainty, the Free State Department of...

Surviving the VAT increase

During the Budget Speech last week, Minister of Finance...

Geraasbesoedeling in Universitas: Inwoners kla oor nagklubs in Willows

Inwoners van Universitas het hul stem dik begin maak...

11-jarige voltooi Kaapstad Fietsrytoer saam met oupa

Die 2025 Kaapstad Fietsrytoer se jongste deelnemer, die 11-jarige...