E Copy

Date:

Andries Smith gee om vir jeug

Andries Smith is tans werkloos, maar dien as voorsitter van die Heidedal-gemeenskapspolisiëringsforum.
1.Hoe voel jy oor die nominasie vir Heidedaller van die Jaar?
Eerlik, dit is ‘n skok. Ek aanvaar in nederigheid hierdie nominasie.
2. Hoekom dink jy is jy genomineer?
Ek is al lank betrokke by gemeenskapsaktiwiteite in Heidedal. Ek was by sokker betrokke as ligavoorsitter en daarna is ek oor na gemeenskapspolisiëring. Dit was ‘n nuwe konsep dat polisie en gemeenskap saam werk as vennote in die bekamping van misdaad.
3. By watter gemeenskapsprojekte was jy oor die jare in Heidedal betrokke?
Ek is ‘n voorstander van gemeenskapsaktiwiteite. Ek was betrokke by alle skole in Heidedal met betrekking tot skoolveiligheid, ‘n wegwendingprogram vir jeugoortreders (stigtersvoorsitter van Life Solutions), stigtersvoorsitter vir die Heidedal-aksiekomitee, samelewings- vennootskap by die Universiteit van die Vrystaat, Reach (ROC), HLDAC, verskeie kerke, Trevor Barlow-biblioteek, Heidedal-SAPD en Sisterhood.
4. Indien jy gekies sou word as Heidedaller van die Jaar, wat is die dinge wat julle in Heidedal sou wou aanspreek?
Ek sal Heidedal graag aanmoedig om terug te keer na die waardes van Ubuntu. Ek sal graag meer wil sien hoe die staatsdepartemente belê in die jeug deur werkskepping te bevorder. Ek sal wil sien hoe ons taverneforum se projek van belegging in ‘n kind in nood, vir beter opvoeding en ‘n beter more, van krag tot krag sal gaan. Heidedal moet sy mense se gawes benut en sy medemens voluit dien.

Jeretha Oosthuizen 
[email protected]

Share post:

Popular

More like this
Related

UFS pianist debuts in Madrid

The University of the Free State (UFS) has celebrated...

NFVF invites applications for public screening funding

The National Film and Video Foundation (NFVF) has opened...

CUT responds to sexual harassment allegations

The Central University of Technology (CUT) has responded to...

ADVERTORIAL: Meet our team of specialists

Life Rosepark Hospital is proud to introduce a dynamic...