60 Stories vir ‘n goeie doel

0
680
Katinka en Albé Grobbelaar FOTO: PIERCE VAN HEERDEN

Die eerste boek van Bloemfontein se gunsteling-rubriekskrywer het uiteindelik die lig gesien. En dit om ‘n spesiale rede.
60 Stories deur die bekende Albé Grobbelaar, sal die Childhood Cancer Foundation South Africa (CHOC), ‘n nie-regeringsorganisasie (NRO), help om hulp te verleen aan kinderkankerpasiënte en hul gesinne uit die Vrystaat, Noord-Kaap en Lesotho.
Grobbelaar, saam met Mahareng-Publishing en Mimosa Mall Bloemfontein het sy nuwe boek op 12 September 2018 by Iewers Nice in Mimosa Mall geloods.
Algemene bestuurder by Mahareng-uitgewery, Christel Basson, sê dit was ‘n fantastiese ervaring om met so ‘n wonderlike boek te werk. “Dit is die eerste keer dat Bloemfontein Courant hierdie tipe boek vrystel saam met die wonderlike borg, Mimosa Mall, en natuurlik die skrywer agter die weeklikse rubriek, Storiesmous, Albé Grobbelaar. Albé is geliefd in Bloemfontein en daarom was dit maklik om hierdie boek saam te stel. Dit was ook lekker dat die skrywer en die borg saamgestem het dat die inkomste gegenereer uit die boek aan CHOC gaan,” het Basson gesê.
100% van alle geld wat uit die verkope van die boek gemaak is, word aan CHOC-huis geskenk. Op die aand van die bekendstelling is meer as 1000 boeke verkoop.

PIERCE VAN HEERDEN

pierce@mahareng.co.za