E Copy

Date:

Winderige toestande bedaar later vanmiddag, maar bibberweer duur voort

Intussen voorspel die Suid-Afrikaanse Weerburo dat die winderige toestande in groot dele van die Noord-Kaap, die hele Vrystaat en dele in Noordwes teen laatmiddag gaan afneem. Die Bloemfonteinse weerkantoor se Tonie Rossouw sê temperature gaan verder daal. Volgens Rossouw beweeg ‘n koue front van die Wes-Kaap in oor die binneland. Hy sê ‘n sterk wes tot suidweste wind woed teen 40km per uur in die sentrale deel van die binneland.

Rossouw sê ‘n frontale stelsel, oor die binneland beweeg vinnig en veroorsaak sterk winderige toestande. Dié wind gaan egter later vanmiddag na sononder bedaar. Slegte nuus is dat mense wat nog nie gaan stem het nie en voor die stempunte teen 19:00 sluit hul kruisies wil gaan trek, gaan egter nog bibberweer kry. Rossouw sê temperature neem later vanmiddag af.

Volgens hom kom maksimum temperature tussen 11 grade Celsius en 14 grade Celsius kom in groot dele van die Noord-Kaap en die Vrystaat voor. In De Aar is dit 8 grade Celsius en in Bloemfontein 11 grade Celsius. – Christal-lize Muller

Share post:

Popular

More like this
Related

UFS pianist debuts in Madrid

The University of the Free State (UFS) has celebrated...

NFVF invites applications for public screening funding

The National Film and Video Foundation (NFVF) has opened...

CUT responds to sexual harassment allegations

The Central University of Technology (CUT) has responded to...

ADVERTORIAL: Meet our team of specialists

Life Rosepark Hospital is proud to introduce a dynamic...