E Copy

Date:

Water uit brandkraan verander pad in spruit

‘n Foutiewe brandkraan in Kenneth Kaundaweg in Bayswater, Bloemfontein, waaruit duisende liter water vanoggend gespuit het, het ‘n deel van die pad in ‘n mini-spruit omgeskep en ‘n inwoner se erf oorstroom.
Dié inwoner, Alicia Connoway, sê toe hulle vanoggend om ongeveer 08:40 van die spuitende brandkraan bewus raak, het haar man, Jaco, onmiddellik die munisipaliteit en brandweer daarvan in kennis gestel.

Die brandkraan in Kenneth Kaundaweg waaruit dusiende liters water vanoggend gespruit het.

“Nie lank daarna nie het die munisipaliteit opgedaag, maar dit was maar ‘n stryd om die kraan geherstel te kry. Ons hele agtererf was onder water ons moes die water blokkeer voordat dit ons store oorstroom. My man skat dat daar ongeveer 5 miljoen liter water tydens die voorval verlore gegaan het,” het Connoway gesê.
Die spuitende kraan het egter ook vir groot pret gesorg vir Connoway se twee kinders, Tylo (12) en Zhaine (9), wat onmiddellik die geleentheid gebruik het om in die water te baljaar en só ‘n bietjie lafenis teen die hitte te kry.
‘n Loodgieter sê die lek in die brandkraan is waarskynlik deur die drukking van die water veroorsaak. – Pieter Delport
[email protected]

Share post:

Popular

More like this
Related

Small food changes can boost energy

Many South Africans struggle with low energy, but the...

Centlec provides update on ongoing power restoration efforts

Centlec has informed residents of Bainsvlei, Mooiwater, Waterbron, Spitskop...

Guardian and Angel appeals for urgent electricity support

Guardian and Angel is calling on the Bloemfontein community...

South Africans urged to support for Banyana Banyana

Government has called on South Africans to rally behind...