Die hele bestuur van die Vrystaatse Rugbyafrigtersvereniging is op die jaarvergadering van die afrigters in die Vrystaat-stadion ná ’n suksesvolle jaar onbestrede herkies. Daar is ook op ’n spesiale vergadering besluit dat ampsdraers vir ’n tydperk van twee jaar verkies sal word. Die uitvoerende bestuur vir 2013 is, Viviaan Minnaar (ondervoorsitter), Deon van Wyk (sekretaris), Jan Ackerman (voorsitter) en Barrie de Beer (tesourier). FOTO: GEORG VAN ECK