Vier mense is dood, en twee is beseer, toe ‘n ongeluk op Sondag 80 kilometer buite Bloemfontein op die N1 suid plaasgevind het.
Volgens ‘n ooggetuie blyk dit dat ‘n vragmotor en ‘n ligte motor gebots het. Een baan op die N1 tussen Bloemfontein en Johannesburg is steeds gesluit. Owerhede is tans op die toneel.
ER24 se woordvoerder, Ineke van Huyssteen, het gesê paramedici het die mense behandel en hulle is na ‘n plaaslike hospitaal vervoer vir verdere behandeling. Die presiese omstandighede rondom die voorval is nie bekend nie, maar verdere ondersoeke duur voort.
Sazly Hartzenberg / OFM News







