Vier Bloemfontein beweerde bordeel-vroue gou weer in hof.

0
2005

CHRISTAL-LIZE MULLER

Die vier vroue wat Vrydag in hegtenis geneem is by ‘n beweerde bordeel in Fleurdal in Bloemfontein bly in aanhouding tot later vandeesweek. Dit kom nadat Princess en Zanele Ncube, Sthando Zondi en Sandisile Gumede vanmiddag in die plaaslike landdroshof op aanklag van prostitusie verskyn het. Zanele word ook aangekla vir die bedryf van ‘n bordeel, terwyl Princess tereg staan op ‘n bykomende aanklag van die besit van kokaïne. Die vroue se verhoor is uitgestel tot Vrydag om meer inligting te bekom vir ‘n formele borgtogaansoek. Intussen het die beweerde eienaar van die huis waar die vroue in hegtenis geneem is, nie vandag in die hof verskyn nie. Die 56-jarige man, glo verbonde aan ‘n hoër onderwys-instelling, is Saterdag by dieselfde huis gearresteer. Hy sou na verwagting in die hof verskyn het op aanklag van die bedryf van ‘n bordeel. Sy prokureur Bertus Jacobs, sê hy is vandag egter laat gaan omdat die staat nie die saak op die hofrol geplaas het nie. Jacobs sê sy kliënt word nie met die misdryf verbind nie. Advokaat Nico Dreyer tree in opdrag van Jacobs vir dié man op.