Owen Kock
Damani Muzi Gwebu wat ‘n saak van poging tot moord, aanranding met die doel om ernstig te beseer, roekelose en natalige bestuur en crimen injuria teen Charl Blom en Cobus Muller aanhangig gemaak het, sal moreoggend kruisondervra word.
Die verdagtes het al vier skuld teen die aanklagtes ontken.
Dit volg na die verhoor vandag in die Bloemfonteinse streekshof begin het met Gwebu wat van 11h00 tot 13h00 in die getuiebank, die aand van 17 Februarie vanjaar, stap vir stap aan die hof verduidelik het.
Muller en Blom se regsverteenwoordiger, Johan Nel, sal Gwebu more wil ontbloot, aangesien hy vandag by tye huiwerig voorgekom het en gesukkel het om van die vrae te verstaan en sy antwoorde te verduidelik. Hy is bygestaan deur ‘n Zulu-tolk.
Gwebu het aan die hof gesê dat hy sedert die voorval aan geheueverlies ly en dat die stuasie nog nie juis verbeter het nie. Wat hy wel onthou was dat die voertuig wat hom op die betrokke aand getref het, teen ‘n hoë spoed gery het en soos hy dit noem, gevlieg toe dit oor ‘n spoedwal gejaag het.
Hy het ook aan die hof vertel hoe die verdagtes hom na bewering die k-woord toegesnou het nadat hy gestamp is en hulle teruggestoot het voor hulle weer weggejaag het.
Die saak duurt voort.

Familie en vriende van Blom en Muller verlaat die hofgebou vandag. Foto: Owen Kock







