E Copy

Date:

Twee Kovsie-oudstudente gaan voort met dagvaarding teen Jansen

CHRISTAL-LIZE MULLER

Twee voormalige Kovsie-studente gaan voort met stappe teen die Universiteit van die Vrystaat (UV) se visekanselier en rektor, Jonathan Jansen, asook die instelling self nadat die UV aanspreeklikheid vir ‘n skadevergoedingseis van altesaam R1 miljoen ontken het.

 Cobus Muller en Charl Blom se regsverteenwoordiger, Werner Human, wat in opdrag van AfriForum Jeug namens hulle optree, sê die dagvaarding kan in sowat drie weke uitgereik word. Human sê daar is reeds met voorbereidings begin en die eis kan hopelik teen die einde vanjaar of vroeg volgende jaar op die hofrol in die Vrystaatse hooggeregshof geplaas word. Volgens Human is die inhoud van die eisbrief tweeledig. Die UV het nie interne prosedures gevolg nie toe Muller en Blom geskors en nie op die kampus toegelaat is nie. Openbare uitlatings deur Jansen het vorm ook deel van die eis. 

Human wou nie uitbrei oor die inhoud van die eisbrief nie. Hy sê Muller en Blom eis elk R500 000 nadat hul verlede jaar deur die UV geskors is nadat hulle betrokke was by ‘n beweerde rassevoorval met ‘n medestudent Muzi Gwebu. Hulle is daarna in die plaaslike streekhof en die menseregtekommissie vrygespreek op onder meer ‘n aanklag van aanranding met die doel om ernstig te beseer.

Share post:

Popular

More like this
Related

Guardian and Angel appeals for urgent electricity support

Guardian and Angel is calling on the Bloemfontein community...

South Africans urged to support for Banyana Banyana

Government has called on South Africans to rally behind...

Second truck carrying suspected stolen Centlec infrastructure intercepted on N1

A 43-year-old truck driver was arrested on the N1...

Busamed gives children hope through free scoliosis surgery

Busamed Bram Fischer Private Hospital in Bloemfontein is performing...