E Copy

Date:

Twee beseer in brand by Bfn-kragstasie

Twee mans, waarvan een in ‘n kritieke toestand is, is in ‘n brand by ‘n kragtasie in die Hamilton-gebied in Bloemfontein beseer.
ER24 se woordvoerder, Russel Meiring, sê paramedici van ER24 en ander ambulansdienste het met die aankoms op die toneel twee mans langs ‘n pad sien lê.
Een van die beseerde mans het ernstige brandwonde aan sy bolyf opgedoen. Die ander man het ligte beserings gehad. Hulle is na ‘n nabygeleë hospitaal vervoer.
Intussen werk die Mangaung-metro se elektrisiteitsverskaffer, Centlec, onverpoos om kragtoevoer na dele in die stad te herstel na die brand.
Lele Mamatu, woordvoerder van Centlec, sê kragtoevoer na omliggende dele is onderbreek nadat die brand laatoggend uitgebreek het.
‘n Tegniese span van Centlec is in die proses om die Vista-kragstasie van die netwerk af te sper, sodat kragtoevoer na woonbuurte herstel kan word.
Die oorsaak van die brand en die omvang van die skade sal daarna ondersoek word. Mamatu vra inwoners om geduldig te wees. – Christal-Lize Muller/OFM Nuus

 

Share post:

Popular

More like this
Related

Students invited to pitch beauty business ideas

Motheo TVET College students with a passion for hair,...

CUT prepares future teachers for classroom success

The Central University of Technology, Free State (CUT) has...

SASSA condemns illegal sale of queue positions at offices

The South African Social Security Agency (SASSA) has condemned...

UFS pianist debuts in Madrid

The University of the Free State (UFS) has celebrated...